Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom by Wikipedia,
Donderdag, 15 Oktober 2015
Hier is tans 37 430 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Voorbladartikel
Een van die oudste bekende voorstellings van die Boeddha (1ste tot 2de eeu, Tokio Nasionale Museum).

Boeddhisme is ’n Dharmiese geloof of filosofie (Sanskrit: dharma; Pali: dhamma). Dit sluit ’n verskeidenheid tradisies, gelowe en spirituele gebruike in wat grootliks geskoei is op die leringe van Gautama Boeddha, algemeen bekend as die Boeddha ("die verligte een").

Volgens die Boeddhistiese tradisie het die Boeddha tussen die 6de en 4de eeu v.C. op die noordoostelike Indiese subkontinent gewoon en ander onderrig. Boeddhiste beskou hom as ’n "verligte" of "ontwaakte" onderwyser wat sy insig gedeel het om ander te help om hul lyding te beëindig deur die verbanning van onkunde en begeertes en deur die ontwikkeling van hul gees.

Geleerdes erken oor die algemeen twee bestaande takke van Boeddhisme: Theravada ("Tradisie van die Oudstes", soms verkeerdelik "Hinayana" genoem) en Mahayana ("Die Groot Voertuig"). Theravada het baie volgelinge in Sri Lanka en Suidoos-Asië (Thailand, Birma, Laos, Kambodja ens.). Mahayana kom voor in Oos-Asië, (Sjina, Korea, Japan, Viëtnam, Singapoer, Taiwan ens.) en sluit in die tradisies van Suiwer Land, Zen, Nichiren-Boeddhisme, Tibettaanse Boeddhisme, Shingon en ander. Vajrayana, ’n stel leringe wat toegeskryf word aan Indiese siddhas, kan beskou word as ’n derde tak of bloot deel van Mahayana. Tibettaanse Boeddhisme, soos beoefen in Tibet, Bhoetan, Nepal, die Himalajastreek van Indië, Kalmikië, Mongolië en omringende gebiede, volg die Vajrayana-leringe van die 8ste-eeuse Indië.

In Theravada-Boeddhisme is die primêre doel die behaling van die verhewe staat nirwana, wanneer ’n mens ontsnap van die siklus van lyding en hergeboorte. In Mahayana- en Tibettaanse Boeddhisme word na boeddhaskap gestrewe deur ’n bodhisattva te word en juis in dié siklus te bly met die doel om ander te help om verligting te behaal.

Boeddhistiese skole verskil oor die presiese aard van die pad na nirwana, die belangrikheid en egtheid van verskeie geskrifte en veral die toepassing daarvan. Een ding waaroor almal eens is, is dat daar geen skeppingsgod bestaan nie. Die grondbeginsels van die Boeddhistiese tradisie is die Drie Juwele: die Boeddha, die dharma (geloof) en die sangha (gemeenskap). Om "toevlug tot die drievoudige juweel" te neem is tradisioneel ’n verklaring dat iemand die Boeddhistiese pad volg, en onderskei Boeddhiste gewoonlik van nie-Boeddhiste. Ander praktyke kan insluit die gehoorsaming van etiese grondreëls; die ondersteuning van die kloostergemeenskap; afstanddoening van die gewone lewe om ’n Boeddhistiese kloosterlewe te lei; die ontwikkeling van die gees en die beoefening van meditasie; die kweek van groter wysheid en oordeel; die bestudering van die geskrifte; godsdienspraktyke; seremonies; en, in die Mahayana-tradisie, smeekbedes tot die boeddhas en bodhisattvas.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Henning Mankell in 2011

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat speelkaarte reeds in die 12de eeu in Persië en Indië bekend was? 'n Pak kaarte het toe uit 48 kaarte bestaan, in plaas van 52.

...dat die eerste e-pos in 1972 gestuur is? Koninging Elizabeth van Brittanje het reeds haar eerste e-pos in 1976 gestuur.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

15 Oktober: White Cane Safety Day (Verenigde State)

Friedrich Nietzsche

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Luke Burgess voer die bal in die skrum in tydens ’n rugbywedstryd tussen Stade Toulousain en Gloucester RFC op 13 November 2011.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie
Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië  Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  Nuwe Era  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies

Tegnologie
Elektronika  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
FrançaisРусскийTiếng Việt
Weergawes met meer as 750 000 artikels
中文
Weergawes met meer as 500 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 250 000 artikels
فارسی한국어Српски / srpski
Weergawes met meer as 100 000 artikels
ΕλληνικάGalegoՀայերենBaso MinangkabauSimple EnglishOʻzbekchaVolapük
Weergawes met meer as 50 000 artikels
BosanskiLatviešuPiemontèisไทยاردو

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering